Spilmoondhede

Deelnemers aan die Tweede Wêreldoorlog: die Spilmoondhede en hul kolonies is in blou, die Geallieerdes en hul kolonies in groen en die neutrale lande in grys.
Gebiede wat deur die Spilmoondhede beheer was in 1942.

Die Spilmoondhede (Duits: Achsenmächte, Italiaans: Potenze dell'Asse, Japannees: 枢軸国 Sūjikukoku) was die lande wat die Geallieerdes teëgestaan het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die drie voorste magte, Nazi-Duitsland, die destydse fascistiese Italië en die Japannese Keiserryk, was militêre bondgenote na die ondertekening van die Driepartyepakt in September 1940 en die Spilmoondhede was amptelik gestig. Aan die piek van hul bestaan het die Spilmoondhede ryke oorheers wat groot dele van Europa, Asië, Afrika en die Stille Oseaan gedek het, maar die Tweede Wêreldoorlog het geëindig in hul nederlaag. Soos ook die geval met die Geallieerdes was, was die lidmaatskap van die Spilmoondhede in konstante verandering en sommige nasies het by die Spilmoondhede aangesluit en hulle weer verlaat tydens die verloop van die oorlog.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search