Stadhouer

Willem van Oranje was 'n stadhouer gedurende die Nederlandse Opstand teen die Spaanse Ryk gewees.

In die Lae Lande was 'n stadhouer (Nederlands: stadhouder; Nederlandse fonetiese uitspraak: ˈstɑtˌɦʌudər) 'n amp van rentmeesterskap. Die houer van die amp was aanvanklik as 'n aangewese middeleeuse amptenaar bekend, en daarna as 'n nasionale leier. Die stadhouer was die plaasvervanger van die plaaslike hertog of graaf van 'n provinsie gedurende die Boergondiese en Habsburgse tydperke (1384 - 1581/1795).[1] Die titel is gebruik vir die beampte wat daarmee getaak is om vrede en orde in die vroeë Nederlandse Republiek te handhaaf, wie soms die de facto staatshoof van die Nederlandse Republiek gedurende die 16de tot 18de eeu geword het, en wat effektiewelik 'n oorerflike rol was. Vir die laaste halwe eeu van sy bestaan het dit 'n amptelike oorerflike rol geword, en dus as 'n monargie (hoewel nie 'n monargiese titel nie) onder Prins Willem IV gefunksioneer. Sy seun, prins Willem V was die laaste stadhouer van die republiek, wie se eie seun, koning Willem I die eerste koning van Nederland sou word.[2] Die Nederlandse monargie is slegs verlangs verwant aan die eerste stadhouer van die jong Republiek, Willem van Oranje - wat die leier van die suksesvolle Nederlandse Opstand teen die Spaanse Ryk was. Sy afstammingsleer het egter met Willem III van Engeland uitgesterf. Die titel stadhouer is ongeveer vergelykbaar met Engeland se historiese titel, Lord Lieutenant.

  1. Stadtholder
  2. A W Ward ed., The Cambridge History of British Foreign Policy I (Cambridge 1922) p. 482

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search