Sterrestelsel

NGC 4414, ’n tipiese spiraalsterrestelsel.

’n Sterrestelsel is ’n massiewe stelsel wat deur swaartekrag gebind word en bestaan uit sterre, gas, stof en ’n belangrike, dog duistere komponent wat as donkermaterie bekendstaan.[1][2] Tipiese sterrestelsels strek van dwergsterrestelsels met so min as 10 miljoen sterre[3] tot reusestelsels met tot 1 biljoen sterre.[4] Die sterre wentel om die sterrestelsel se massamiddelpunt, of gemeenskaplike swaartepunt. Sterrestelsels kan ook veelvoudige sterre (sterre wat om mekaar wentel), sterreswerms en verskeie interstellêre wolke bevat. Die Son is een van die sterre in die Melkweg: die sterrestelsel wat die Sonnestelsel en Aarde bevat.

’n Gemiddelde sterrestelsel bevat 100 miljard sterre en die meeste stelsels kom in groepe sterrestelsels voor, wat van slegs ’n paar tot selfs duisende stelsels kan bevat.

Sterrestelsels word reeds ’n lang tyd volgens hulle voorkoms en vorm gekategoriseer. Twee algemene vorms is ’n elliptiese en spiraalsterrestelsel. Daar is ook onreëlmatige sterrestelsels: stelsels met ongewone vorms, dikwels as gevolg van naburige stelsels se swaartekrag.

  1. Sparke, L. S.; Gallagher III, J. S. (2000). Galaxies in the Universe: An Introduction. Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-59740-1.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. Hupp, E.; Roy, S.; Watzke, M. (12 Augustus 2006). "Nasa Finds Direct Proof of Dark Matter" (in Engels). Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2020. Besoek op 17 April 2007.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. "Unveiling the Secret of a Virgo Dwarf Galaxy" (in Engels). ESO. 3 Mei 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2009. Besoek op 3 Januarie 2007.
  4. "Hubble's Largest Galaxy Portrait Offers a New High-Definition View" (in Engels). NASA. 28 Februarie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 3 Januarie 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search