’n Sterrestelselswerm of swerm sterrestelsels is ’n groot versameling van sterrestelsels wat deur onder meer hul onderlinge swaartekrag bymekaar gehou word. ’n Swerm kan uit tientalle tot duisende sterrestelsels bestaan. In die Abell-katalogus is 4 073 sterrestelselswerms opgeneem.
Bekende swerms naby die Aarde is die Virgo-, die Hercules- en die Coma-sterrestelselswerm. In die omgewing van die Norma-sterrestelselswerm is ’n enorme swerm met so ’n groot invloed dat die lokale uitdying van die ruimte (Hubble-konstante) daardeur geraak word. Dit word die Groot Aantrekker genoem.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search