Stoomskip

Die stoomskip Fulton, wat in 1855 in Amerika gebou is.

'n Stoomskip is 'n soort stoomaangedrewe vaartuig, gewoonlik seewaardig, wat deur een of meer stoomenjins aangedryf word wat skroewe of skepwiele draai.

Stoomskepe was nog tot laat in die twintigste eeu algemeen in gebruik. Stoom was die krag wat verskeie bote en later bekende en gerekende skepe aangedryf het. Franse ingenieurs het reeds so vroeg as 1615 met stoomaangedrewe vaartuie begin eksperimenteer.

Aangesien stoomskepe onafhanklik was van windpatrone, het hulle nuwe handelsroetes oopgemaak. Die stoomskip is beskryf as 'n "hoofbestuurder van die eerste golf van handelsglobalisering (1870-1913)" en 'n bydraer tot die toename in internasionale handel wat ongekend was in die mensgeskiedenis.[1]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ehsthelongrun

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search