Straalmotor

'n Pratt & Whitney F100 turbowaaiermotor van 'n F-15 Eagle besig om getoets te word in 'n werkswinkel by die Florida Nasionale Lugmagbasis. Die tonnel agter die motor absorbeer die motorgeraas en hitte en verskaf plek vir die uitlaatgasse om te ontsnap.

'n Straalmotor is 'n tipe reaksiemotor wat vinnigbewegende gasse in 'n straal uitblaas en daarmee stukrag voortbring volgens Newton se derde wet. Hierdie definisie sluit alle motore in wat lug insuig of gebruik: turbostraal, turbowaaier, stustraal en polsende straalmotor.

Oor die algemeen is straalmotore verbrandingsmasjiene. Lug, gemeng met 'n tipe vloeibare brandstof, word verbrand binne-in die straalmotor. Straalmotore word gebruik om vliegtuie aan te dryf; hulle word straalvliegtuie genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search