Strooiman

'n Strooiman

'n Strooiman is 'n vorm van argument en 'n informele dwaling gebaseer op die indruk van die weerlegging van 'n teenstander se argument, maar eintlik word 'n ander argument weerlê wat nie deur daardie teenstander aangebied is nie.[1] Iemand wat die dwaalweg gebruik is iemand wat "'n strooiman aanval".

Die tipiese strooiman-argument skep die illusie dat die argument van 'n teenstander heeltemal weerlê of verslaan is, maar eintlik word die argument vervang met 'n ander stelling en die weerlegging is van daardie valse argument in plaas van die stelling van die teenstander.[2][3] Strooiman-argumente is dwarsdeur die geskiedenis in polemiese debatte gebruik, veral met betrekking tot sterk emosioneel-gelaaide onderwerpe.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Stephen Downes
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named boek
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ff

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search