Studievaardighede of studiestrategieë is die benaderings wat toegepas word om te leer. Hulle is oor die algemeen van kritieke belang om sukses te behaal in die skool,[1] word as noodsaaklik beskou vir die verkryging van goeie punte, en nuttig vir die res van 'n mens se lewe. Respicius Rwehumbiza beklemtoon in sy boek Understanding Examination Techniques and Effective study Strategies in 2013 dat die meeste studente eksamens bloot druip weens hulle gebrekkige studievaardighede en/of eksamenskryf-vaardighede.
Studievaardighede sluit 'n verskeidenheid vaardighede in wat die organisering van nuwe inligting, die vaslegging van inligting, of die hantering van evaluasie omvat. Dit sluit mnemotegnieke in wat help met die retensie van lyste van inligting; doeltreffende lees; konsentrasie tegnieke;[2] en doeltreffende afneem van notas.[3]
Enige vaardigheid wat bydra tot n persoon se vermoë om te studeer, inligting te behou en wat help om eksamens te slaag kan as 'n studievaardigheid beskou word, en dit sluit in tydsbestuur en motiverings tegnieke.
Studievaardighede is afsonderlike tegnieke wat aangeleer kan word, gewoonlik in 'n kort tyd, en van toepassing is op alle of die meeste velde van studie. Hulle moet dus onderskei word van strategieë wat verband hou met 'n spesifieke veld van studie, bv. musiek of tegnologie, en van vermoëns wat inherent is aan die student – soos die aspekte van intelligensie of leerstyle.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search