Superaarde

Twee voorstellings van moontlike superaardes, met die Aarde self heel regs.

’n Superaarde is ’n eksoplaneet met ’n groter massa as die Aarde, maar aansienlik kleiner as ons Sonnestelsel se kleinste reuseplanete, Uranus en Neptunus, wat albei sowat 15 aardmassas is.[1] Die term verwys net na die massa van die planeet en nie na die oppervlaktoestande, bewoonbaarheid of ander ooreenkomste met die Aarde nie. Die alternatiewe benamings gasdwerg en mini-Neptunus word ook soms gebruik.

  1. Valencia, V.; Sasselov, D. D.; O'Connell, R. J. (2007). "Radius and structure models of the first super-earth planet". The Astrophysical Journal. 656 (1): 545–551. arXiv:astro-ph/0610122. Bibcode:2007ApJ...656..545V. doi:10.1086/509800.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search