Swaelnes



Swaelnes

in Gaspra, Krim





Argitek

Leonid Sherwood


Boustyl

Neogotiese styl

Die Swaelnes is 'n klein Neo-Gotiese kasteel wat tussen 1911 en 1912 in opdrag van die Balties-Duitse oliemiljoenêr Baron von Steingel bo-op die Aurora-rotswand in Gaspra, 'n klein strandoord aan die Krim-skiereiland se Swartseekus tussen Jalta en Aloepka, gebou is.

Die Swaelnes troon oor Kaap Ai-Todor en het weens sy historiserende oosterse boustyl, sy skouspelagtige ligging en see-uitsig lankal een van die gewildste toeristetrekpleisters op die Krim en die argitektoniese simbool van die skiereiland se suidelike Swartseekus geword. Die bouvalle van die Romeinse vesting Charax is naby die kasteel geleë.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search