Swem

Piktogram wat Swem aandui
'n Swemmer in aksie
Swemmers neem aan 'n kompetisie deel

Swem is 'n watersport waar die swemmer hom/haar met arm- en beenbewegings deur water voortbeweeg. Dit word gewoonlik in 'n swembad beoefen, maar kan ook in damme, riviere of die see plaasvind.

Die meer bekende style van swem is vryslag (kruipslag), borsslag, rugslag en vlinderslag. Swem word as 'n gesonde en effektiewe oefenmetode beskou omdat bykans al die spiere in die liggaam gelyktydig oefening kry. Die swemmer se liggaamsmassa word deur die water gedra en die aksie plaas nie oormatige druk op die swemmer se knieë en gewrigte nie.

Swem kan vir ontspanning of in kompeterende verband beoefen word. Die sport is sedert 1896 deel van die Olimpiese Spele.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search