Sydney-lughawe

Sydney (Kingsford Smith) Lughawe
IATA: SYDICAO: YSSY
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar Sydney Airport Holdings
Operateur Sydney Airport Corporation
Bedien Sydney
Ligging Mascot, Nieu-Suid-Wallis, Australië
Geopen 9 Januarie 1920 (1920-01-09)
Spil vir
Fokuspunt vir
Hoogte bo seevlak 21 vt / 6 m
Koördinate 33°56′46″S 151°10′38″O / 33.94611°S 151.17722°O / -33.94611; 151.17722
Webtuiste sydneyairport.com.au
Landkaart
SYD is in Sydney
SYD
SYD
SYD is in Australië
SYD
SYD
Ligging in Sydney (bo) en Australië (onder)
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
07/25 2 530 8 301 Teer
16L/34R 2 438 7 999 Teer
16R/34L 3 962 12 999 Teer
Statistieke (2018)
Passasiers 44 443 927[1]
Lugbewegings (2013–2014) 327 190[2]
Lugvrag (metrieke ton) (2012) 444 419[3]
Ekonomiese & sosiale impak (2012) $13.2 miljard & 146 duisend[4]
Bron: AIP

Sydney Kingsford Smith-lughawe (in die omgangstaal Mascot-lughawe of Sydney-lughawe) (IATA: SYD, ICAO: YSSY) is 'n internasionale lughawe in Sydney, Australië, geleë 8 km (5 myl) suid van die sentrale sakekern van Sydney, in die voorstad Mascot. Die lughawe word deur Sydney Airport Holdings besit. Dit is die primêre lughawe wat Sydney bedien, en is 'n primêre spilpunt vir Qantas, sowel as 'n sekondêre spilpunt vir Virgin Australia en Jetstar, sowel as 'n fokusstad vir Air New Zealand. Die lughawe is langs Botanybaai geleë en het drie aanloopbane.

Sydney-lughawe is een van die wêreld se kommersiële lughawens wat reeds die langste deurlopend bedryf word[5] en is die besigste lughawe in Australië, met 42,6 miljoen passasiers[6] en 348 904 vliegtuigbewegings in 2016–17.[7] Dit was in 2016 die 38ste besigste lughawe ter wêreld. Tans word 46 binnelandse en 43 internasionale bestemmings direk na Sydney bedien.

Sydney-lughawe-taxibaan wat oor 'n groot motorweg gaan

In 2018 is die lughawe in die top vyf wêreldwyd gegradeer vir lughawens wat jaarliks 40–50 miljoen passasiers hanteer en is as die 20ste beste lughawe ter wêreld aangewys by die "Skytrax World Airport"-toekennings.[8]

  1. "Archived copy" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2 Februarie 2017. Besoek op 19 Februarie 2017.{{cite web}}: CS1 maint: archived copy as title (link)
  2. Annual Report 2014 (PDF). Sydney Airport. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 6 September 2015. Besoek op 25 Augustus 2015.
  3. http://www.bitre.gov.au/publications/ongoing/airport_traffic_data.aspxtraffic [dooie skakel]
  4. "Sydney airport – Economic and social impacts". Ecquants. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2014. Besoek op 7 September 2013.
  5. "Sydney Airport heritage". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2017. Besoek op 31 Augustus 2017.
  6. "Airport Traffic Data 1985 to 2019". Bureau of Infrastructure, Transport and Regional Economics. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Augustus 2020. Besoek op 21 Julie 2020.
  7. "Movements at Australian Airports Financial Year 2017". Airservices Australia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2018. Besoek op 12 Januarie 2018.
  8. Skytrax. "Skytrax World Airport Awards 2019". Skytrax. Besoek op 19 Augustus 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search