Sydney

Sydney
Stad
Vlag van Sydney
Vlag
Wapen van Sydney
Wapen
Die Local Government Areas van Sydney
Die Local Government Areas van Sydney
Sydney is in Nieu-Suid-Wallis
Sydney
Sydney
Ligging van Sydney in Nieu-Suid-Wallis
Koördinate: 33°51′54″S 151°12′34″O / 33.86500°S 151.20944°O / -33.86500; 151.20944Koördinate: 33°51′54″S 151°12′34″O / 33.86500°S 151.20944°O / -33.86500; 151.20944
LandVlag van Australië Australië
DeelstaatVlag van Nieu-Suid-Wallis Nieu-Suid-Wallis
Administratiewe verdeling'Local Government Areas
Gestig op26 Januarie 1788
Regering
 • BurgemeesterClover Moore
Oppervlak
 • Totaal12 367 km2 (4 775,2 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal5 029 768
 • Digtheid406,7/km2 (1 053,3/vk. myl)
TydsoneUTC+10:00 (Australiese Osterse Standaardtyd)
Webwerfcityofsydney.nsw.gov.au

Sydney is die hoofstad van die deelstaat Nieu-Suid-Wallis in Australië en is die grootste en oudste stad in daardie land. Dit het 'n bevolking van meer as 5 miljoen (2016) en word dikwels as die hoofstad van Australië beskou, hoewel dié eintlik Canberra is.

Daar is min stede wat op so 'n presiese stigtingsdatum kan roem of so 'n kort en dramatiese geskiedenis soos Sydney het.[3] Op 18 en 26 Januarie 1788 het elf Britse skepe, wat vandag as Die Eerste Vloot (The First Fleet) bekend staan, met sowat 1 000 mense aan boord in Sydney se Botanybaai anker gegooi. Meer as 700 van hulle was gevangenes wat onder bevel van kaptein Arthur Phillip na Australië gedeporteer is.

Ingevolge die destydse Georgiaanse regstelsel is die doodstraf dikwels selfs vir klein oortredings opgelê. Sydney se eerste inwoners was dus nie noodwendig kriminele in die huidige betekenis van die woord nie, maar eerder arm skepsels wat tot deportasie "begenadig" is vir oortredings soos die onwettige pluk van komkommers in 'n vreemde tuin of die diefstal van 'n sakdoekie.[4]

  1. (en) "Greater Sydney: Basic Community Profile". 2011 Census Community Profiles. Australian Bureau of Statistics. 28 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (xls) op 7 November 2022. Besoek op 9 April 2014.
  2. (en) "3218.0 – Ten years of growth: Australia's population hot spots – Greater Capital City Statistical Areas (GCCSAs)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2017. Besoek op 13 Augustus 2017.
  3. Porter, Peter: Sydney. Amsterdam (Nederland): Time Life International 1980, bl. 42
  4. Porter (1980), bl. 39

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search