Tabascosous

Verskillende soorte tabascosous
Die tabascofabriek op Avery-eiland, Louisiana
Gemaalde tabascorissies word verouder in eikehoutvate op Avery-eiland

Tabasco is die handelsnaam van 'n soort brandpepersous wat slegs van tabascorissies (Capsicum frutescens var. tabasco), asyn en sout gemaak word.[1] Die produk word tot drie jaar lank in eikehoutvate verouder, wat dit sy kenmerkende brandgeur en pikante smaak gee.

Die sous word deur die Amerikaanse maatskappy McIlhenny vervaardig. Dit is 'n familiebesigheid en al 155 aandele word deur McIlhenny-familielede besit. Daar is slegs een fabriek ter wêreld waar tabascosous gemaak word: op die Avery-eiland in die staat Louisiana, in die Cajungebied. Die presiese resep is al meer as honderd jaar lank 'n goed bewaarde familiegeheim. Die sous is vandag in 165 lande beskikbaar en is die gewildste brandsous ter wêreld.

  1. "Sous met geskiedenis. In: Beeld, 28 Februarie 2013". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2014. Besoek op 29 Junie 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search