Tabletrekenaar

Nota: Hierdie artikel handel oor die elektroniese apparaat. Vir die medisynedoseervorm, sien: Tablet (medisyne).
Tablet

’n Tabletrekenaar, of tablet, is ’n persoonlike draagbare eendelige (in een stuk) rekenaar. Toestelle het gewoonlik ’n raakskerm waarvan die primêre manier van beheer met vinger- of skryf-tipe gebare is. Dit word dikwels aangevul deur die gebruik van een of meer fisiese kontaksensitiewe knoppies of die invoer van een of meer versnellingsmeters; ’n virtuele sleutelbord (wat verskuil kan word) op die skerm word oor die algemeen gebruik as die vernaamste metode om data in te voer. Tablette is beskikbaar in verskillende groottes maar bied gewoonlik ’n skerm van groter as 18 cm (oorhoeks gemeet) aan. Die grootte onderskei dus die tablette van slimfone of persoonlike digitale assistente wat funksioneel soortgelyk is.[1][2][3]

'n Skolier werk op 'n tabletrekenaar.

’n Tabletrekenaar is groter as ’n selfoon, maar kleiner as ’n persoonlike rekenaar. Die hoofdoel van ’n tabletrekenaar is om boeke te lees, speletjies te speel, die Internet te deurkruis, of om video’s en musiek te speel. Mobiele weergawes van kantoorpakkette soos Microsoft Office is eweneens beskikbaar. Van die bekende vervaardigers van tabletrekenaars is Samsung met hulle Galaxy Tab-reeks en Apple Inc. met hulle iPad. Naas Apple se mobiele bedryfstelsel iOS gebruik die meeste tabletrekenaars Google Android as bedryfstelsel, maar sommige gebruik ook weergawes van Windows of Ubuntu. Die Amerikaanse aanlynreus Amazon, Inc. voorsien sy Fire-tabletrekenaarreeks van 'n aangepaste weergawe van die Android-bedryfstelsel - Fire OS.

  1. (en) Redakteurs van PC Magazine. "Definisie van: tabletrekenaar". PC Magazine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2010. Besoek op 17 April 2010.
  2. Dictionary.com. "Tabletrekenaar – 1 woordeboekresultaat". Dictionary.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2015. Besoek op 17 April 2010.
  3. (en) Ogg, Erica (28 Mei 2010). "Wat maak 'n tablet 'n tablet? (gereelde vrae)". CNET.com. Besoek op 23 Maart 2013.[dooie skakel]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search