Talmoed

’n Volledige stel van die Babiloniese Talmoed
Die Vilnius-uitgawe van die Babiloniese Talmoed se eerste bladsy, Traktaat Beragot, folio 2a. Die eerste 13 reëls in die middel van die bladsy onder die titelwoord bevat die Misjna en die volgende 21 reëls die Ghemara, omring deur opmerkings rakende die Misjna
'n Bladsy van 'n Middeleeuse Jerusalemse Talmoed-manuskrip, van die Kaïro-Geniza
Babiloniese Talmoed, Hoofblad van die Vilnius-weergawe, 1880 tot 1886, die mees algemene uitgawe van die Talmoed
Talmoedlesers, skildery deur Adolf Behrman (1876–1942)

Die Talmoed (Hebreeus: תַּלְמוּד, talmūd, letterlik: "onderwysing", "studie"; afgelei van die werkwoord lamád, למד, "om te leer") is naas die Tanag (die Ou Testament vir die Christene) die belangrikste boek in Judaïsme. Dit bevat die kommentare van belangrike rabbyne en ander skrifgeleerdes op die Tora, veral in die vorm van besprekings tussen voor- en teenstanders van ’n bepaalde standpunt. Hierdie aanvanklik mondelinge tradisie van die tyd van Moses af, het gegroei tot ’n uiters uitgebreide versameling van moontlike uitlegte, verklarings, wetspresedente, anekdotes, legendes en mites.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search