Tandplaak

Tandplaak

In die tandheelkunde verwys plaak of tandaanslag na die tandaanpaksel, 'n klewerige lagie op die tande, veral op plekke met 'n onreëlmatige oppervlakte. Dit bestaan uit speeksel waarin allerlei onsuiwerhede bly hang het.

Tandplaak is 'n dun, dikwels onsigbare, klewerige lagie wat gedurende die dag op die gebitselemente aanpak. Tandplaak bestaan hoofsaaklik uit opgeloste voedselstowwe, slym en bakterieë (onder andere melksuurbakterieë) wat die suikers en koolhidrate in die mond afbreek tot suur. Tandplaak het ongeveer dieselfde kleur as die tande self en is daarom moeilik om waar te neem. Tandplaak kleef oral, dus óók tussen die gebit.

Tandplaak kan maklik verwyder word, maar indien tandplaak nie daagliks verwyder word nie kan dit verkalk. Verharde tandplaak word tandsteen genoem. Tandsteen maak die oppervlak ruwer waarop verdere tandsteen maklik kan vorm. Tandsteen kan alleen verwyder word deur 'n mondhigiënis of 'n tandarts.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search