Tannien

Looisuur, 'n tipe tannien
'n Mengsel van tanniene

Tanniene (of tannoïede) is 'n klas polifenoliese organiese verbindings met 'n bitter, sametrekkende smaak wat met proteïene en verskillende ander organiese verbindings, insluitend aminosure en alkaloïede, bind en 'n ligte rooibruin neerslag vorm. Tanniene het molekulêre massa wat wissel van 500 tot 20 000 Da.

Die Engelse term tannin (van Anglo-Normandiese tanner, van Middeleeuse Latynse tannare en tannum wat "eikebas" beteken) verwys na die gebruik van eikebome en ander bas in die looiery van diervelle en -huide. Die term tannien word wyd toegepas op enige groot polifenoliese verbinding wat voldoende hidroksiel- en ander geskikte groepe bevat (soos karboksiele) om sterk komplekse met verskillende makromolekules te vorm.

Die tannienverbindings kom wyd voor in baie plantsoorte, waar hulle 'n rol speel in die beskerming teen roofdiere, as plaagdoders en kan help om die groei van plante te reguleer.[1] Die sametrekkende smaak van die tanniene veroorsaak die droë en pikante gevoel in die mond na die inname van onryp vrugte, rooiwyn of tee.[2] Die verandering (chemiese omskakeling) van tanniene in plante met verloop van tyd speel 'n belangrike rol by die bepaling van oestye.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Ferrell
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named McGee

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search