Tasjkent

Tasjkent
Toshkent • Ташкент

Kaart Vlag
Wapen
 Land Vlag van Oesbekistan Oesbekistan
 Provinsie Tasjkent
 Koördinate 41°20′N 69°18′O / 41.333°N 69.300°O / 41.333; 69.300
 Gestig op 3de Eeu v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 334,8 vk km
 Hoogte bo seevlak 455 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2012) 2 309 600
 - Bevolkingsdigtheid 6nbsp;393/vk km
 - Metropolitaanse gebied 3 247 012
 Tydsone UTC +05:00
 Burgemeester Rakhmonbek Usmonov

Tasjkent (Oesbekies: Toshkent; Russies: Ташкент; beteken 'klip-stad' in Turkse tale) is die hoofstad en grootste stad van Oesbekistan in die oostelike deel van die land, naby die grense met buurlande Kazakstan, Kirgisië en Tadjikistan. . Die stad het 'n bevolking van 2 140 486 (waarvan sowat 20% Russe is) in 2008 gehad en 'n oppervlakte van 334,8 km². Vandag is Tasjkent die vierde grootste stad in die voormalige Sowjetunie.

Voor die invloed van Islam in die 8ste eeu nC begin het, is Tasjkent in die vroeë geskiedenis deur die Sogdiese en Turkse kulture beïnvloed. Na die vernietiging daarvan deur Genghis Khan in 1219, is die stad herbou en het voordeel getrek uit die syroete. Van die 18de tot die 19de eeu het die stad 'n onafhanklike stadstaat geword voordat dit weer deur die Khanaat van Kokand verower is. Baie van die historiese geboue is tydens die sosialistiese rewolusie in 1917 en tydens 'n groot aardbewing in 1966 vernietig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search