Techno-musiek

Techno is 'n genre van elektroniese dansmusiek[1] wat gekenmerk word deur 'n herhalende ritme wat oor die algemeen vervaardig is deur 'n platejoggie (DJ). Die sentrale ritme is dikwels in gewone tyd (4/4), terwyl die tempo tipies tussen 120 en 150 slae per minuut (bpm) wissel . Kunstenaars kan elektroniese instrumente gebruik soos 'n trommasjiene, sequencers, en 'n sintetiese klavier, sowel as digitale klank werkstasies. Trommasjiene van die 1980's soos Roland se TR-808 en TR-909 is baie duur maar baie gewild.

Die term "techno" het sy oorsprong in Duitsland in die vroeë 1980's gekry, maar dit was gestig as 'n naam vir 'n spesifieke musiekgenre van elektroniese dans musiek wat in Detroit begin het na aanleiding van die vrystelling in die Verenigde Koninkryk, Techno! The New Dance Sound of Detroit.[2][3] Hierna is baie ander groepe en albums vrygestel.

Na die sukses van huis-musiek in 'n aantal Europese lande het techno gegroei in gewildheid in die Verenigde Koninkryk, Duitsland, België en Nederland.[4] In Europa het plaaslike variante vinnig ontwikkel en deur die vroeë 1990's is techno subgenres gestig soos: acid, hardcore, ambient en dub techno. Musiek joernaliste en ondersteuners is selektief oor die gebruik van die terme om 'n duidelike onderskeid te kan tref tussen die verskillende soorte techno-soorte.[5][6]

  1. According to Butler (2006:33) use of the term EDM "has become increasingly common among fans in recent years. During the 1980s, the most common catchall term for EDM was house music, while techno became more prevalent during the first half of the 1990s. As EDM has become more diverse, however, these terms have come to refer to specific genres. Another word, electronica, has been widely used in mainstream journalism since 1996, but most fans view this term with suspicion as a marketing label devised by the music industry".
  2. Brewster 2006:354
  3. Reynolds 1999:71. Detroit's music had hitherto reached British ears as a subset of Chicago house; Neil Rushton and the Belleville Three decided to fasten on the word techno – a term that had been bandied about but never stressed – in order to define Detroit as a distinct genre.
  4. Error:No page id specified op YouTubeThe show is called "Tanzhouse" hosted by a young Fred Kogel. It includes footage from Hamburg's "Front" with Boris Dlugosch, Kemal Kurum's "Opera House" and the "Prinzenbar".
  5. "Music Faze - The Electro House, Dubstep, EDM Music Blog: Electronica Genre Guide". 20 Desember 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2017. Besoek op 22 November 2019.
  6. "Electronic Energy". {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search