Terrorisme

Die aanvalle op 11 September 2001 is 'n voorbeeld van terrorisme.

Terrorisme is die gebruik van vrees en geweld om regerings en samelewings te intimideer. Verskillende tipes organisasies (sosiaal of polities) kan terrorisme aanwend in 'n poging om hulle doelwitte te bereik. Mense wat terrorisme pleeg word terroriste genoem.

Terrorisme word dikwels deur politieke organisasies, beide aan die linker en regterkant van die politieke spektrum, gepleeg. Dit kan ook deur godsdienstige groepe, soos Al-Kaïda, uitgevoer word. Beide revolusionêre groepe sowel as regerings wat aan bewind is kan hulle hiermee ophou.[1] Een van die vorme hiervan is die gebruik van geweld teen vreedsame mense[2][3] om publisiteit vir 'n groep, 'n saak of 'n individu te wen.[4]

  1. "Terrorism" (in Engels). Encyclopædia Britannica. p. 3. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2008. Besoek op 11 Augustus 2006.
  2. Pentagon attack
  3. "Flight 77, Video 2". Judicial Watch. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2006. Besoek op 30 Desember 2014.
  4. Ruby, Charles L. (2002). "The Definition of Terrorism" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Julie 2011. Besoek op 22 Februarie 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search