Tertullianus

Tertullianus
Denkbeeldige voorstelling van Tertullianus
Gebore
Quintus Septimius Florens Tertullianus

ca. 160
Kartage, Romeinse Ryk
Sterfca. 220
Kartage, Romeinse Ryk
NasionaliteitRomeinse Ryk

Quintus Septimius Florens Tertullianus, (ca. 160 – ca. 220 n.C.),[1] was 'n prolifieke vroeë Christenskrywer van Kartage in die Romeinse provinsie Africa.[2] Hy was die eerste Christenouteur om 'n ekstensiewe korpus Latynse Christenliteratuur te lewer. Hy was ook 'n vername vroeë Christenapologeet en 'n polemikus teen kettery. Tertullianus is al "die vader van die Latynse Christendom" genoem.[3] Alhoewel konserwatief, het hy wel nuwe teologie voortgebring en ontwikkel in die vroeë kerk. Hy is miskien mees beroemd as die vroegste behoue Latynse skrywer om die term Drie-eenheid (Latyn: trinitas) te vermeld,[4] benewens vir die oudste ekstante formele uitleg van 'n Trinitêre teologie.[5] Ander Latynse formulerings wat in sy werk vir die eerste keer na vore tree is "drie Persone, een Substansie" as die Latynse "tres Personae, una Substantia" (opsigself uit die Koine-Grieks "treis Hypostases, Homoousios").[6] Sekere van Tertullianus se idees was nie aanvaarbaar vir die ortodokse kerk nie; in sy latere lewe het hy 'n Montanis geword.

  1. T.D.Barnes, Tertullian: a literary and historical study' Oxford, 1971
  2. T. D. Barnes, Tertullian: a Historical and Literary Study (Oxford: Clarendon Press, 1985), 58.
  3. Ekonomou
  4. "Trinitas" opsigself is 'n Latinisering van die Grieks "he trias" (die Triade), 'n term wat reeds voor Tertullianus deur Theophilus van Antiochië gebruik is in Ad Autolycum 2.15 om te verwys na God, God se Logos (Jesus), en God se Sophia (Heilige Gees)
  5. In Adversus Praxean; sien Barnes vir 'n opsomming van die werk.
  6. "EarlyChurch" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search