Thailand

Koninkryk Thailand
ราชอาณาจักรไทย
Ratcha-anachak Thai (Thai)
Vlag van Thailand Wapen van Thailand
Vlag Wapen
Nasionale leuse: ชาติ ศาสนา พระมหากษัตริย์
(tr.: Chat, Satsana, Phra Maha Kasat)
(Thai vir: "Nasie, godsdiens, koning")
Volkslied: เพลงชาติไทย
(tr.: Phleng Chat Thai)

Koninklike volkslied: สรรเสริญพระบารมี
(tr.: Sansoen Phra Barami)
Ligging van Thailand
Hoofstad Bangkok

13°45′N 100°29′O / 13.750°N 100.483°O / 13.750; 100.483

Grootste stad Bangkok
Amptelike tale Thai[1]
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Maha Vajiralongkorn
Srettha Thavisin
Onafhanklikheid
Vorming
• Koninkryk Sukhothai
• Koninkryk Ayutthaya
• Koninkryk Thonburi
• Koninkryk Rattanakosin
• Grondwetlike monargie
• Huidige grondwet


12381448
13511767
17671782
6 April 1782
24 Junie 1932
6 April 2017[2]
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
513 120[1] km2  (53ste)
198 120 myl2
0,4
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
69 794 997[1] (20ste)
64 785 909[3]
132,1 / km2 (88ste)
342,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$1 666 miljard[4] (23ste)
$23 708[4] (74ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$543,248 miljard[4] (30ste)
$7 731[4] (91ste)

MOI (2021) 0,800[5] (66ste)  –  baie hoog
Gini (2021) 35,1[6] –  medium
Geldeenheid Baht (฿) (THB)
Tydsone
 - Somertyd
ICT (UTC+7)
nie toegepas nie (UTC+7)
Internet-TLD .th
Skakelkode +66

Thailand (Thai: ประเทศไทย, Prathet Thai, [pra.tʰêːt tʰaj], ), amptelik die Koninkryk Thailand (ราชอาณาจักรไทย, Ratcha-anachak Thai, [râːt.t͡ɕʰa.ʔaː.naː.t͡ɕàk tʰaj], ), is 'n land in Suidoos-Asië met 'n oppervlakte van 513 120 km² en 'n bevolking van sowat 69,8 miljoen. Thailand word ook Siam (สยาม, Sayam, [sa.jǎːm]) genoem, wat die land se amptelike naam was tot 23 Junie 1939. Die woord "Thai" beteken "vry" in die Thaise taal. Die hoofstad en grootste stad van Thailand is Bangkok.

Nasa-satellietbeeld van Thailand

'n Burger van Thailand word gewoonlik geïdentifiseer as 'n "Thai" of "Siamees" (verouderd), wat streng gesproke slegs na etniese Thais verwys. Meeste Thais is Theravada-Boeddhiste van Thai-afkoms, maar die land het ook 'n beduidende aantal minderhede, veral Han-Chinese, maar ook Moslemse Maleiers in die suide.

Thailand is in die sentrum van die Indo-Chinese Skiereiland geleë. Dit grens in die ooste aan Laos en Kambodja, in die suide aan die Golf van Thailand en Maleisië en in die weste aan die Andamanse See (deel van die Indiese Oseaan se Golf van Bengale) en Mianmar (vroeër Birma). Wes van Thailand is die Andaman- en Nicobar-eilande geleë wat aan Indië behoort en in die suidweste is die Indonesiese eiland Soematra geleë. Daarbenewens deel Thailand 'n maritieme grens met Viëtnam in die Golf van Thailand.

Thailand se hoofnywerhede is vervaardiging, landbou en toerisme. Dit word as 'n nuut-geïndustrialiseerde land beskou en is 'n lidland van die streekorganisasie ASEAN.

  1. 1,0 1,1 1,2 (en) "Thailand". Central Intelligence Agency. Besoek op 22 Augustus 2023.
  2. (en) "Thailand's new provisional constitution". Thai PBS. 22 Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2019. Besoek op 24 Januarie 2019.
  3. (th) "100th anniversary of population censuses in Thailand: Population and housing census 2010: 11th census of Thailand". Nasionale Statistiekkantoor. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Julie 2012.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Thailand". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 10 Maart 2024.
  5. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 10 Maart 2024.
  6. (en) "Gini index – Thailand". Wêreldbank. Besoek op 22 Augustus 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search