Thukydides

Thukydides
Borsbeeld van Thukydides, in die Koninklike Ontario Museum, Toronto
Gebore
Θουκυδίδης

ca. 460 v.C.
edeem van Halimunte (Attica)
Sterfca. 397 v.C.
Thrakië
NasionaliteitAntieke Griekeland
BeroepHistorikus, politikus, strategos
Bekend virGeskiedenis van die Peloponnesiese Oorlog

Thukydides (omstreeks 460 v.C. - omstreeks 395 v.C.) (Grieks: Θουκυδίδης, Thoukydídēs) was 'n Griekse historikus en die outeur van die Geskiedenis van die Peloponnesiese Oorlog, wat die verhaal vertel van die oorlog in die 5de eeu v.C. tussen Sparta en Athene tot en met die jaar 411 v.C. Thukydides is bekend as die vader van "wetenskaplike geskiedenis" weens sy streng standaarde vir die versameling van getuienis en ontleding wat betref oorsaak en gevolg sonder verwysing na die betrokkenheid van die gode, soos uitgestippel in die aanhef van sy werk.[1]

Hy is ook al die vader van die skool van politieke realisme genoem, wat die betrekkinge tussen nasies beskou as magsgedrewe eerder as regsgefundeerd.[2] Sy klassieke teks word steeds aan gevorderde militêre kolleges wêreldwyd bestudeer en die Meliese dialoog bly 'n invloedryke werk in die teorie van internasionale betrekkinge.

Breër gesien, het Thukydides belanggestel in insigte in die mensetoestand, wat menslike gedrag sou verklaar tydens krisisse soos 'n plaag, 'n volksmoord (soos toegepas teen die Meliërs) en burgeroorlog.

  1. Cochrane, p. 179; Meyer, p. 67; de Sainte Croix.
  2. Strauss, p. 139.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search