Tiber

Tiber
Die Tiber in Rome, Italië.
Die Tiber in Rome, Italië.
Die Tiber in Rome, Italië.

Die stroomgebied van die Tiber.

Oorsprong naby Berg Fumaiolo, Verghereto, Emilia-Romagna, Italië
Apennyne
Monding tussen Ostia en Fiumicino, Italië
Tirreense See (Middellandse See)
Stroomgebied Italië
Lengte 406 km (252 myl)
Oorspronghoogte 1 268 m (4 160 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 239 m³/s (8 400 vt/s³)
Stroomgebiedopp. 17 375 km² (6 709 myl²)

Die Tiber (Latyn: Tiberis;[1] Italiaans: Tevere, [ˈteːvere]) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Italië. Die rivier, met 'n lengte van 406 km, is die derde langste rivier in Italië na die Po en Adige.

Die Tiber ontspring in die Apennyne naby Berg Fumaiolo by Verghereto in die streek Emilia-Romagna van Italië. Aansluitend vloei die Tiber in 'n suidelike rigting deur die streke Toskane, Umbrië en Latium, voordat hy die Italiaanse hoofstad Rome bereik. Net wes van Rome mond die rivier tussen Ostia en Fiumicino in die Tirreense See (Middellandse See) uit.

Die Tiber was van oudsher die natuurlike verkeersaar van Latium en sy monding die ankerplek vir seevaarders langs 'n kus wat arm aan natuurlike hawens is. In die vroeë Romeinse periode het die rivier daarnaas 'n natuurlike grens tussen Latynsprekende Romeine en Etruskers in die noorde gevorm.

  1. (en) Richard J. A. Talbert, red. (2000). Barrington Atlas of the Greek and Roman World: Map-By-Map Directory. Vol. I. Princeton, NJ and Oxford, UK: Princeton University Press. p. 630. ISBN 0-691-04945-9.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search