Tikal

Nasionale Park van Tikal*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Tikal se Tempel I
Ligging van Tikal op 'n kaart (Guatemala)
Tikal
Tikal
Ligging van Tikal in Guatemala
Koördinate: 17°13′20″N 89°37′25″W / 17.22222°N 89.62361°W / 17.22222; -89.62361
Lande Vlag van Guatemala Guatemala
Tipe Verskeie
Kriteria i, iii, iv, ix, x
Verwysings 64
Streek Noord-Amerika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1979  (3de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
Maya-hiëroglief van Tikal
Kaart wat Tikal vertoon
Stele 31, met 'n afbeelding van Siyaj Chan K'awiil II[1]

Tikal ([tiˈkäl], Tik’al in moderne Maya-ortografie) is een van die grootste argeologiese vindplekke en stedelike gebiede van die Voor-Colombiaanse Maya-beskawing met merkwaardige ziggoerate. Dit is in die argeologiese streek van die Petén-bekken in die noorde van die huidige Guatemala geleë. Tikal lê in die department El Petén, maak deel uit van Guatemala se Nasionale Park Tikal en is in 1979 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys. Die historiese naam van die stad was vermoedelik Mutal, maar die presiese vertaling is onduidelik, moontlik kan dit met "blom" vertaal word.[2]

Tikal was die hoofstad van 'n verower-staat, wat die nabygeleë kleinstate verower het en een van die mees magtigste koninkryke van die antieke Maya geword het. Daarmee het Tikal in 'n intensiewe wedywering met Calakmul begin, wat met die latere verowering van Calakmul geëindig het. Hoewel monumentale argitektuur op die terrein so ver as die 4de eeu v.C. terug dateer, het Tikal sy hoogtepunt tydens die Klassieke periode bereik, wat ca. tussen 200 en 900 n.C. geduur het. Gedurende hierdie tyd, het die stad baie van die Maya-streek polities, ekonomies en in militêre oorheers, terwyl dit kontakte gehad het met gebiede in Meso-Amerika soos die groot metropool van Teotihuacan in die verre vallei van Meksiko. Daar is bewyse dat Tikal in die 4de eeu n.C. deur Teotihuacan verower is. Na die einde van die Laat-Klassieke tydperk is geen nuwe groot monumente in Tikal gebou nie en daar is bewyse dat die paleise van die elite verbrand is. Saam met 'n geleidelike afname van die bevolking het dit uitgeloop tot die plek se oorgawe aan die einde van die 10de eeu.

Tikal is een van die mees ondersoekte Maya-stede, met 'n lang dinastiese leierlys, die ontdekking van die grafte van baie van die leiers op die lys en die ondersoek van hul monumente, tempels en paleise.

  1. (en) Miller, Mary Ellen (1999). Maya Art and Architecture. London and New York: Thames & Hudson. p. 97. ISBN 0-500-20327-X. OCLC 41659173.
  2. (en) Peter D. Harrison: The Lords of Tikal. Rulers of an Ancient Maya City. Thames & Hudson, Londen 2000, ISBN 0-500-28129-7, bl. 30.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search