Torino-skaal

Die Torino-skaal.

Die Torino-skaal is 'n metode om die botsingsgevaar van 'n nabyaardevoorwerp (NAV), soos 'n asteroïed of komeet, te kategoriseer. Dit is bedoel as 'n kommunikasie-instrument vir sterrekundiges en die publiek om die erns van botsingsvoorspellings te bepaal deur die kans op 'n botsing en die gevolge daarvan in 'n enkele gevaarsyfer te kombineer. Die Palermoskaal is 'n soortgelyke, maar ingewikkelder, skaal.

Nabyaardevoorwerpe met 'n Torino-skaal van 1 word verskeie kere per jaar ontdek en kan 'n paar weke op 1 bly, totdat hulle langer waargeneem is en die moontlikheid van 'n botsing uitgeskakel is. Die enigste twee voowerpe op die Torino-skaal wat ooit 'n hoër syfer behaal het, is die asteroïede 99942 Apofis, wat in 2004 'n syfer van 4 behaal het (die hoogste telling tot dusver), en (144898) 2004 VD17, met 'n syfer van 2 van Februarie tot Mei 2006.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search