Toronto

Toronto

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Kanada Kanada
 Provinsie Ontario
 Koördinate 43°44′N 79°22′W / 43.733°N 79.367°W / 43.733; -79.367
 Gestig op 27 Augustus 1793
(Town of York)
 Geïnkorporeer op 6 Maart 1834
(City of Toronto)
 Oppervlak:  
 - Totaal 630,20 vk km
 Hoogte bo seevlak 76,5 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2021-sensus) 2 794 356[1]
 - Bevolkingsdigtheid 4 434/vk km
 - Metropolitaanse gebied 6 202 225 (Toronto CMA)
 Tydsone UTC -5 (EST)
 - Somertyd UTC -4 (EDT)
 Burgemeester John Tory
 Amptelike Webwerf toronto.ca

Toronto is die hoofstad van die provinsie Ontario, Oos-Kanada en met 'n bevolking van byna 2,8 miljoen nie net die grootste stad van Kanada nie, maar ook die vierde mees bevolkte in Noord-Amerika na Mexikostad, New York en Los Angeles. Die stad is die sentrum van die sogenaamde Golden Horseshoe (Goue Hoefyster), 'n metropolitaanse gebied met meer as ses miljoen inwoners aan die suidwestelike oewer van die Ontariomeer, wat oor 'n afstand van sowat 100 kilometer van Hamilton in die weste tot by Oshawa in die ooste strek.

Toronto beskik oor 'n belangrike hawe (vir onder meer die uitvoer van graan) aan die Ontariomeer, en dit is die kulturele, finansiële, handel- en nywerheidspilpunt van Engelssprekende Kanada asook die setel van belangrike universiteite. Toronto beskik oor Kanada se hoogste wolkekrabbers – die simbole van sy dinamiese ekonomiese groei. Die CN-toring (553,5 meter) is een van die hoogste geboue wêreldwyd – 'n platform van glas dien op 'n hoogte van sowat 350 meter as 'n uitsigpunt.

Die stad is met sy sowat veertig skouburge die derde belangrikste Engelstalige teaterstad ter wêreld na Londen en New York. Daar is talle parke in die stadsgebied, terwyl ook agttien eilande in die Ontariomeer as rustige toevlugsoorde in die woelige stad dien. Net soos Montreal word Toronto onder die veiligste metropole ter wêreld gereken.[2]

  1. (en) "Census Profile, 2021 Census". Statistiek Canada. Besoek op 5 April 2022.
  2. (en) Independent, 30 Januarie 2015: Toronto is officially the best city in the world, according to the Economist

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search