Totem

’n Totempaal in Ottawa in Ontario, Kanada.

’n Totem (van die woord dodaem in die inheemse Noord-Amerikaanse taal Ojibwe) is ’n gees, heilige voorwerp of simbool wat as embleem dien van ’n groep mense soos ’n familie, clan, lyn of stam.

Hoewel die term uit Ojibwe kom, is die geloof in geeste en gode nie beperk tot die inheemse volke van die Amerikas nie; dit is algemeen in verskeie kulture wêreldwyd, soos dié van Afrika, Arabië, Asië, Australië en Europa. Mense in dié beskawings het egter ander name vir hul beskermingsgeeste en praat selde van "totems".


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search