Townhall

Townhall is 'n Amerikaanse polities-konserwatiewe webblad en radionuusdiens. Dit is voorheen gepubliseer deur die Heritage Foundation, maar word tans besit en bedryf deur Salem Communications. The webblad bevat meer as 80 rubrieke (beide gesindikeerd en eksklusief) deur 'n verskeidenheid skrywers en kommentators, wat dikwels verskyn as gaskommentators op die Fox News kanaal. Townhall voorsien ook om-die-klok nuusuitsendings van vyf minute lank, wat nasionale- en wêreldnuus bevat.[1] Hierdie nuusuitsendings kry elke uur lugtyd op radiostasies wat deur Salem Communications besit word, sowel as op Salem Radio Network affiliate en die Sirius XM Patriot-kanaal 125.

  1. "Breaking News – Latest World, US, Science, Entertainment, Election, Technology News and Current Events". Townhall (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 15 Mei 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search