Trompet

Trompet

Die trompet is 'n musiekinstrument met die hoogste register (relatiewe toonhoogte) in die koperinstrumentfamilie.[1] Trompette is van die oudste musiekinstrumente[2] en die trompet in sy huidige vorm dateer uit minstens 1500 v.C. Hulle word uit koperpype saamgestel wat twee keer gebuig word om 'n langwerpigheid te vorm, en word bespeel deur lug met geslote lippe in te blaas, wat 'n klank teweegbring wat 'n staande golfvibrasie in die lugkolom binne die trompet skep.

Daar bestaan verskeie tipes trompette; die algemeenste is 'n transponerende instrument wat op B ingestel is. Die trompet se voorgangers het nie kleppe gehad nie; moderne trompette het egter òf drie suierkleppe òf drie draaikleppe, en elke klep verleng die lengte van die pyp wanneer dit gedruk word, wat 'n verlaging in die toonhoogte teweegbring.

Die trompet word in verskeie musiekstyle gebruik, insluitende klassieke musiek en jazz.

Die trompet kan die hoogste klank onder die koperblasers voortbring. Dit het 'n helder, briljante, deurdringende klank. Die moderne trompet is gewoonlik in C en B. 'n Groot verbetering was die ontwerp van die ventieltrompet. Dit het drie ventiele wat die natuurlike toonhoogte met een tot ses halftone kan verlaag. Die ventiel verskaf aan die speler die regte buislengte waarvandaan hy die noot van die botoonreeks wat hy wil hê, moet verkry deur sy lippe reg te gebruik.

Komposisies vir die trompet is onder meer konserte van Haydn en Hummel, 'n sonate van Hindemith, en ook werke deur Henry Purcell, J.S. Bach, Antonio Vivaldi en Enesco. Strawinski en Sjostakowitsj het dikwels interessante passasies vir trompet (dikwels grappig) by hul werke ingevoeg.

  1. "argiefkopie" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Maart 2009. Besoek op 18 Julie 2009.
  2. "History of the Trumpet". www.petrouska.com. Besoek op 3 Mei 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search