Trondheim

Trondheim

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Noorweë Noorweë
 Provinsie (Fylke) Trøndelag
 Koördinate 63°26′N 10°24′O / 63.433°N 10.400°O / 63.433; 10.400
 Stigting 997
 Oppervlakte:  
 - Totaal 321,81 vk km
 Hoogte bo seevlak 3 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2022) 212 660[1]
 - Bevolkingsdigtheid 660,8/vk km
 - Metropolitaanse gebied 279 234
 - Taalvorm Onsydig
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde seeklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 6,1 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie –1,0 / 15,2 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 823,2 mm
 Burgemeester Kent Ranum (H)
 Amptelike webwerf trondheim.kommune.no

Trondheim (Noors: [ˈtrɔ̂nːjæm], ; Suid-Samies: Tråante; voorheen: Kaupangen, Nidaros en Trondhjem) is die derde grootste stad in NoorweëOslo en Bergen met 'n oppervlakte van 321,81 vierkante kilometer en 'n bevolking van 212 660 (soos op 31 Desember 2022). Trondheim lê op 'n skiereiland aan die monding van die Nidelv-rivier in die Trondheimsfjord, sowat 70 kilometer van die oop see af, in die provinsie (fylke) Trøndelag en vorm 'n stedelike munisipaliteit (kommune).

Trondheim is in die jaar 997 deur die Wiking-koning Olav I Tryggvason gestig en het sy bloeitydperk as kroningsstad en belangrikste setel van Noorweë se konings in die Hoë Middeleeue beleef. Tussen 1030 en 1217 was Trondheim ook die hoofstad van Noorweë. As gevolg van pesepidemieë, waaraan twee derdes van die bevolking beswyk het, het Trondheim sy leidende politieke rol in die Laat Middeleeue kwytgeraak, en die stadsgebied het tot 'n klein strepie langs die rivieroewer gekrimp.

Trondheim het nogtans 'n beduidende handelsentrum vir vis en hout gebly. Ná 'n brandramp in 1681 is die stadsentrum deur koning Christiaan V volgens 'n roosterpatroon herbou en van breë strate voorsien. Die koning het Versailles in Frankryk as sy voorbeeld geneem, en sodoende is die strate in Trondheim se middestad straalvormig vanaf die sentrale markplein aangelê.

  1. (no) "De 10 største byene, tettstedene og kommunene i Norge". Statistiek Noorweë. 5 Januarie 2023. Besoek op 10 Mei 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search