Tsjoekotka

Tsjoekotka
Чукотский автономный округ
Die ligging van Tsjoekotka in Rusland.
Die ligging van Tsjoekotka in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrik Verre-Oosterse
Ekonomiese streek Verre-Oosterse
Stigting 1930
Regering
Hoofstad Anadir
Leier Roman Kopin[1]
Amp Goewerneur
Wetgewer Doema
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 50 526
Volgorde 82ste
Digtheid 0,07/km2
Stedelik 64,8%
Plattelands 35,2%
Statistiek
Oppervlakte 176 700 km2
Volgorde 20ste
Tydsone UTC+12:00
Registrasienommer 87
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://www.chukotka.org/
Wapen en vlag

Portaal  Portaalicoon   Rusland

Tsjoekotka (Russies: Чукотский автономный округ, Tsjoekotski aftonomni okroeg; Tsjoektsjies: Чукоткакэн автономныкэн округ, Tsjoekotkaken aftonomniken okroeg) is ’n outonome okroeg (’n deelgebied) van Rusland. Die hoofstad is Anadir, die oostelikste plek in Rusland met dorpstatus.

Die streek lê geografies in die Russiese Verre Ooste en word deels deur die Verre Oosterse Federale Distrik geadministreer. Volgens die Russiese sensus van 2010[2] het dit ’n inwonertal van 50 526. Dit is die tweede yls bevolkte deelgebied in Rusland.

Die Elgigitgin-meer, ’n impakkrater, en die Anjoeiski-meer, ’n uitgewerkte vulkaan, word in Tsjoekotka aangetref. Oelen is die oostelikste nedersetting in Rusland en die naaste plek aan die VSA (Alaska). Met sy oppervlakte van 737 700 km2 is die outonome okroeg sowat 6% groter as die Amerikaanse deelstaat Texas en is dit die sewende grootste deelgebied van Rusland. Dit is ook die noordoostelikste deelstaat en word net in die weste begrens deur Sacha (Jakoetië), in die suidweste deur Magadan-oblast en in die suide deur Kamtsjatka-krai.

  1. Amptelike webtuiste van Tsjoekotka. Roman Kopin Geargiveer 15 Mei 2013 op Wayback Machine (ru)
  2. (ru) Оценка численности населения на 1 января 2014 года и в среднем за 2013 год Geargiveer 19 Oktober 2015 op Wayback Machine

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search