Turbine

'n Stoomturbine met die omhulsel verwyder

'n Turbine is 'n roterende enjin wat die energie van bewegende vloeistof (soos water) of gas (soos stoom of lug) omskakel in nuttige werk.

Die eenvoudigste turbines het net een bewegende deel, 'n rotor, wat 'n as is met lemme aangeheg. Bewegende vloeistof of gas werk op die lemme in (of die lemme kan op die vloeistof of gas inwerk) sodat hulle beweeg en die rotor laat draai. Vroeë voorbeelde van turbines is die windmeul en die waterwiel.

Gas-, stoom- en waterturbines het gewoonlik 'n omhulsel om die lemme wat die werking van die vloeistof of gas reguleer. 'n Turboaanjaer word aangedryf deur uitlaatgas in binnebrandenjins wat die werkverrigting verbeter deur saamgeperste lug in die verbrandingskamers in te dwing.

In 'n turbine word die stromingsenergie van 'n gas of 'n vloeistof gebruik om die rotasie van 'n waaier te bewerkstellig. Die rotasie word op 'n as oorgedra waarmee byvoorbeeld 'n elektriese ontwikkelaar aangedryf kan word. Die drie groepe turbines is waterturbines, stoom- turbines en gasturbines. Waterturbines word veral vir die aandrywing van ontwikkelaars gebruik, stoomturbines vir die aandrywing van ontwikkelaars en skepe en gasturbines vir die aandrywing van vliegtuie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search