Tuvalu

Tuvalu
Vlag van Tuvalu Wapen van Tuvalu
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Tuvalu mo te Atua
(Tuvaluaans vir: "Tuvalu vir die Almagtige")
Volkslied: Tuvalu mo te Atua
(Tuvaluaans vir: "Tuvalu vir die Almagtige")

Koninklike volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")
Ligging van Tuvalu
Hoofstad Funafuti

8°32′S 179°13′O / 8.533°S 179.217°O / -8.533; 179.217

Grootste stad Funafuti
Amptelike tale Tuvaluaans en Engels
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
Tofiga Vaevalu Falani
Feleti Teo
Onafhanklikheid
• van die Verenigde Koninkryk
• Huidige grondwet

1 Oktober 1978
1 Oktober 1986
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
26[1] km2  (192ste)
10 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2017-sensus
 - Digtheid
 
11 733[1] (221ste)
10 645
451,3 / km2 (27ste)
1 1173,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$69 miljoen[2] (226ste)
$6 769[2] (156ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$79 miljoen[2] (194ste)
$7 713[2] (118de)

MOI (2022) 0,653[3] (132ste)  –  medium
Gini (2010) 39,1[4] –  medium
Geldeenheid Tuvaluaanse dollar (TVD) en
Australiese dollar (AUD) ()
Tydsone
 - Somertyd
(UTC+12)
nie toegepas nie (UTC+12)
Internet-TLD .tv
Skakelkode +688

Tuvalu of Toewaloe (Engels: [tuˈvɑːluː], ), voorheen Ellice-eilande (Ellice Islands), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië suid van die ewenaar. Dit beslaan 'n oppervlakte van 26 km² en het 'n bevolking van 11 733 in 2024 gehad.[1] Tuvalu lê in die ooste van die Salomonseilande, in die suidooste van Nauru, in die suidweste van Kiribati, in die weste van Tokelau, in die noordweste van Samoa en in die noorde van Wallis en Futuna en van Fidji. Dit is halfpad tussen Australië en Hawaii geleë. Die hoofstad en grootste stad is Funafuti.

Nasa-satellietbeeld van Tuvalu se Funafuti-eilande
Kaart van Tuvalu

Die eerste inwoners van Tuvalu was Polinesiërs. Die nedersettingspatroon wat vermoedelik plaasgevind het, is dat die Polinesiërs van Samoa en Tonga na die Tuvaluaanse atolle migreer het, met Tuvalu wat 'n staprol kon bied vir migrasie na die Polinesiese buitewyke-gemeenskappe in Melanesië en Mikronesië.

Die argipel is in 1568 deur die Spaanse ontdekkingsreisiger Álvaro de Mendaña de Neira tydens sy ekspedisie op soek na Terra Australis vir Europa ontdek. In 1819 is die eiland Funafuti Ellice-eiland genoem na aanleiding van Alexander George Findlay se werk; die naam is aansluitend vir al nege eilande toegepas. Die Ellice-eilande het in die laat 19de eeu onder die invloed van die Verenigde Koninkryk gekom nadat die Britte hul invloedsfeer in die Stille Oseaan met die Duitse Keiserryk gereël het.[5] Tussen 9 en 16 Oktober 1892 is elkeen van die Ellice-eilande deur kaptein Gibson van die HMS Curacoa tot 'n Britse protektoraat geproklameer. Die Ellice-eilande is vanaf 1892 tot 1916 deur 'n residensiële kommissaris as deel van die Britse Wes-Stille Oseaan Gebiede geadministreer en het aansluitend tot 1976 deel uitgemaak van die Gilbert- en Ellice-kolonie.

In Desember 1974 is 'n referendum gehou waarin bepaal is of die Ellice- en Gilbert-eilande elkeen hul eie administrasie moes hê. As gevolg van dié referendum het die Gilbert- en Ellice-kolonie op 1 Januarie 1976 ophou bestaan en die afsonderlike Britse kolonies van Kiribati en Tuvalu is gestig. Tuvalu het op 1 Oktober 1978 sy volle onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk ontvang. Dit is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Charles III van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. Op 5 September 2000 het Tuvalu die 189ste lidland van die Verenigde Nasies geword. In onlangse jare het Tuvalu vir die verhuring van sy internettopvlakdomein .tv aan veral televisiestasies bekend geword en hiermee 'n nuwe bron van inkomste verkry.[6]

Tuvalu se grondgebied word ernstig bedreig deur stygende seevlakke, veroorsaak deur aardverwarming. Op 10 November 2023 het die Australiese eerste minister Anthony Albanese en sy Tuvaluaanse eweknie Kausea Natano tydens die plaaslike forum Stille Oseaan-eilandforum (PIF) op die Cookeilande 'n ooreenkoms onderteken, waarvolgens jaarliks 280 Tuvaluane – uit 'n bevolking van sowat 11 900 in 2021 – na Australië sal mag migreer, waar hulle kan werk, studeer en bly. Hulle word ook toegelaat om Australiese burgerskap te ontvang.[7][8]

  1. 1,0 1,1 1,2 (en) "Tuvalu". Central Intelligence Agency. Besoek op 20 Februarie 2025.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Tuvalu". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2025. Besoek op 20 Februarie 2025.
  3. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 20 Februarie 2025.
  4. (en) "Gini index – Tuvalu". Wêreldbank. Besoek op 20 Februarie 2025.
  5. (en) "Declaration between the Governments of Great Britain and the German Empire relating to the Demarcation of the British and German Spheres of Influence in the Western Pacific, signed at Berlin, April 6, 1886". 1886. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020. Besoek op 23 September 2019.
  6. (en) Maynard, Roger (18 Julie 2010). "Internet domain riches fail to arrive in Tuvalu". The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2020. Besoek op 23 September 2019.
  7. (en) Tiffanie Turnbull (10 November 2023). "Australia offers climate refuge to Tuvalu citizens". BBC. Besoek op 20 Februarie 2025.
  8. (en) Daniel Hurst, Josh Butler (10 November 2023). "Australia to offer residency to Tuvalu citizens displaced by climate change". The Guardian. Besoek op 20 Februarie 2025.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search