UEFA

UEFA
Kenteken van UEFA
Kenteken van UEFA
Engelse naam Union of European Football Associations
Franse naam Union des Associations Européennes de Football
Duitse naam Vereinigung Europäischer Fußballverbände
Vasteland Europa
Sportsoorte Sokker
Gestig op 15 Junie 1954
Gestig in Basel, Switserland
President Aleksander Čeferin
Adjunkpresidente Karl-Erik Nilsson
Sándor Csányi
Luis Rubiales
Fernando Gomes
Michele Uva
Sekretaris-generaal Theodore Theodoridis
Sambreelorganisasie FIFA
Setel Nyon, Switserland
Lede 55
Amptelike tale Duits, Engels en Frans
Amptelike webwerf uefa.com

Die Unie van Europese Voetbal-assosiasies (afgekort UEFA vir Union of European Football Associations in Engels; Frans: Union des Associations Européennes de Football; Duits: Vereinigung Europäischer Fußballverbände) is die beheerliggaam vir sokker tussen Europese sokkerspanne. UEFA is een van die ses kontinentale organisasies van FIFA.

UEFA is op 15 Junie 1954 in Basel, Switserland, gestig. Die organisasie se hoofkwartier is tot en met 1959 in Parys gehuisves, waarna dit na Bern skuif. Sedert 1995 is die UEFA in Nyon, Switserland, gesetel. Die amptelike tale is Duits, Engels en Frans en sedert 2016 is Aleksander Čeferin die president van die UEFA.

Van al die kontinentale organisasies is UEFA die sterkste in terme van geld en invloed. Byna alle top-sokkerspelers ter wêreld speel in een of ander Europese kompetisie vanweë die hoë salarisse wat die ryk sokkerlande soos Duitsland, Engeland, Italië en Spanje betaal.

Baie van die sterker sokkerlande is ook in Europa geleë. Van die 32 spanne wat aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 deelgeneem het, kom 13 uit Europa.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search