UNICEF

UNICEF se kenteken
'n UNICEF-tent wat humanitêre dienste in Soedan lewer.

UNICEF (Engels vir: United Nations Children's [Emergency] Fund) is 'n internasionale organisasie binne die Verenigde Nasies wat op 11 Desember 1946 gestig is om bystand aan kinders te verleen in lande wat deur die Tweede Wêreldoorlog verwoes is.

UNICEF se hoofkantoor is in New York in die Verenigde State van Amerika geleë. Hulle ontvang geldelike bydraes van verskeie regerings en privaatpersone van dwarsoor die wêreld. UNICEF het in 1965 die Nobelprys vir Vrede ontvang.[1] Die Poolse dokter Ludwik Rajchman word beskou as die stigter van UNICEF en dien as sy eerste voorsitter in 1946.

UNICEF maak staat op bydraes van regerings en private skenkers.

  1. (en) "The Nobel Peace Prize 1965". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2017. Besoek op 6 Oktober 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search