Uganda

Republiek Uganda
Republic of Uganda (Engels)
Jamhuri ya Uganda (Swahili)
Vlag van Uganda Wapen van Uganda
Vlag Wapen
Nasionale leuse: For God and My Country
(Engels vir: "Vir God en My Land")
Volkslied: Oh Uganda, Land of Beauty
(Engels vir: "O Uganda, Land van Skoonheid")
Ligging van Uganda
Hoofstad Kampala

0°19′N 32°35′O / 0.317°N 32.583°O / 0.317; 32.583

Grootste stad Kampala
Amptelike tale Engels en Swahili[1]
Regering Unitêre dominante party
presidensiële republiek[2]
Yoweri Museveni
Jessica Alupo
Robinah Nabbanja
Onafhanklikheid
• van die Verenigde Koninkryk
• Huidige grondwet

9 Oktober 1962
8 Oktober 1995
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
241 038 km2  (79ste)
93 065 myl2
15,39
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2014-sensus
 - Digtheid
 
42 729 036[3][4] (35ste)
34 634 650[5]
157,1 / km2 (75ste)
406,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$125,199 miljard[6]
$2 863[6]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$47,000 miljard[6]
$1 075[6]

MOI (2019) 0,544[7] (159ste)  –  laag
Gini (2016) 42,8[8] –  medium
Geldeenheid Sjieling (UGX)
Tydsone
 - Somertyd
OAT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .ug
Skakelkode +256a
a. +006 vanaf Kenia en Tanzanië.

Uganda (somtyds in Afrikaans en Nederlands: Oeganda), amptelik die Republiek Uganda, is 'n landingeslote land in Oos-Afrika. Dit word begrens in die ooste deur Kenia, in die noorde deur Suid-Soedan, in die weste deur die Demokratiese Republiek van die Kongo, in die suidweste deur Rwanda en in die suide deur Tanzanië. Uganda is die wêreld se tweede mees bevolkte landingeslote land naas Ethiopië. Die suidelike deel sluit 'n aansienlike deel van die Victoriameer in wat met Kenia en Tanzanië gedeel word. Uganda is in die Groot Mere van Afrika-streek. Die land is ook geleë aan die Nylrivier, en het 'n afwisselende, maar oor die algemeen 'n wisselende ewenaarklimaat.

Kaart van Uganda

Uganda ontleen sy naam van die Buganda-koninkryk, wat 'n groot deel van die suide van die land, insluitende die hoofstad, Kampala, insluit. Die mense van Uganda was tot 1700 tot 2300 jare gelede jagter-versamelaars, toe die Bantoesprekende-bevolkings na die suidelike dele van die land migreer het.

Aan die begin van 1894 is die land as 'n protektoraat van die Verenigde Koninkryk regeer wat administratiewe wetgewing oor die hele gebied ingevoer het. Uganda het op 9 Oktober 1962 onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk gekry. Die tydperk sedertdien was gekenmerk deur afwisselnde tye van konflik, insluitende die uitgerekte burgeroorlog teen die Lord's Resistance Army, wat vir die dood van tienduisende mense verantwoordelik was, en meer as 'n miljoen mense ontwortel het.

Die amptelike taal is Engels.[9] Luganda, 'n sentrale taal, word wyd deur die land gebruik, en verskeie ander tale word ook gebesig. Die president van Uganda is Yoweri Museveni, wat in Januarie 1986, na 'n uitgerekte burgeroorlog van ses jaar, aan bewind gekom het.

  1. (en) "Uganda: Society" in the Library of Congress. Besoek op 8 Augustus 2014.
  2. (en) Central Intelligence Agency (2009). "Uganda". The World Factbook. Besoek op 16 Januarie 2022.
  3. (en) "World Population prospects – Population division". Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling. Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 30 Junie 2021.
  4. (en) "Overall total population – World Population Prospects: The 2019 Revision" (xslx). Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling (custom data acquired via website). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 30 Junie 2021.
  5. (en) "Republic of Uganda – Census 2014 – Final Report" (PDF). Table 2.1 page 8. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 19 September 2016. Besoek op 19 September 2016.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "Uganda". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2021. Besoek op 16 Januarie 2022.
  7. (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 16 Januarie 2022.
  8. (en) "Uganda". Wêreldbank. Besoek op 16 Januarie 2022.
  9. (en) Clause 1, Article 6, Chapter 2, Constitution of the Republic of Uganda, 1995

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search