Vark | |
---|---|
![]() | |
Gedomestikeerd
| |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Sus |
Spesies | |
Varke vorm die genus Sus, wat tot die familie Suidae van die soogdierorde Cetartiodactyla (ewehoewiges) behoort. Hulle het almal gesplete hoewe en is verwant aan die pekari. Varke kom oorspronklik uit Eurasië en is veral bekend om hul vraatsug en onsindelikheid. Minder bekend is egter dat hulle besonder intelligente diere is.[1]
Die varkspesie Sus scrofa is ongeveer 5 000 tot 7 000 jaar gelede deur die mens mak gemaak. Mak varke is veediere en 'n belangrike bron van voedsel in die wêreld. Varkvleis is tewens die mees verbruikte vleis ter wêreld, en verteenwoordig sowat 45% van die wêreldwye vleismark. Ander byprodukte wat uit varkweefsel verkry word sluit in leerprodukte, gom, porselein en 'n verskeidenheid dierevetprodukte.[2] Varke se belang in biomediese navorsing en behandelings het ook onlangs toegeneem. Varke se lang en noue betrokkenheid by die mens het ook 'n diep spoor gelaat by menslike kultuur, veral in kunswerke en gesegdes.
Varke is omnivore met 44 tande, insluitende hul krom slagtande, wat by die beer opvallend is en voortdurend groei, maar nié by die sog nie. Die volwasse beer (manlik) is groter as die sog (vroulik). Hulle kort ledemate het vier tone elk en elke toon eindig in 'n hoef. Die kop het 'n driehoekige profiel wat eindig in die skyfagtige snoet, wat intern ondersteun word deur die rostrale been wat met die neuskraakbeen verbind is. Hierdie anatomiese konfigurasie stel die vark in staat om sy neus soos 'n skopgraaf aan te wend om wortels uit te vroetel. Varke kry oor die algemeen groot werpsels (gemiddeld 10 – 12),[3] terwyl sommige spesies se werpsel uit slegs een kleintjie bestaan.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search