Vel

'n Gedeelte-aansig van menslike vel
Deursnee van die menslike vel: 1=horinglaag, 2=epidermis 1+2=opperhuid 3=dermis (onderhuid), 4=subkutane weefsel

Die vel is 'n uitwendige orgaan van 'n mens of 'n dier wat die grootste deel van die liggaam bedek. Dit bestaan uit verskeie lae weefsel wat die onderliggende spiere en organe beskerm. Ander take is insolasie, temperatuurbeskerming, sensasie, en die sintese van vitamiene B en D.

Die vel het pigmentasie wat deur melanosiete verskaf word. Die melanosiete absorbeer van die potensieel skadelike bestraling in sonlig. Dit bevat ook DNS-ensieme vir die herstel van ultravioletskade (UV-skade); daar is hoë voorkoms van velkanker by mense sonder hierdie gene. Een tipe velkanker wat deur UV-lig gevorm word, die kwaadaardige melanoom, versprei baie vinnig en is meestal dodelik. Pigmentasiehoeveelheid verskil drasties tussen verskillende groepe mense. Beskadigde vel probeer te herstel met die vorming van 'n litteken, wat soms 'n kleurverandering op daardie plek kan teweegbring.

Soogdiere se vel het gewoonlik hare. Waar dit dig genoeg voorkom, word dit pels genoem. Dit verbeter die isolasie wat die vel versaf, maar dit kan ook dien as kamoflering of as 'n geslagseienskap. By party diere is die vel baie hard en dik, en dermate dat dit deur die mens gebruik kan word om leerprodukte te maak. Reptiele en visse het harde beskermende skubbe, terwyl voëls vere het wat bestaan uit geharde β-karotene. Amfibiëe se vel laat chemikaliëe makliker deur.

Die vel word gereeld "die grootste orgaan van die mens" genoem. Dit is waar wat betref vir die oppervlak daarvan, en die massa - dit beslaan omtrent 15% van die liggaamsgewig. Die vel van 'n gemiddelde volwasse mens beslaan omtrent 1,5 tot 2 vierkante meter, die meeste daarvan sowat 2–3 mm dik.

Die vel op 'n mens se gesig is gewoonlik die deel van 'n mens wat die meeste sigbaar is onder die mees algemene sosiale omstandighede. Die versorging van die gesig is dus vir baie belangrik en grimering en ander skoonheidsmiddels word gebruik vir die versorging en verfraaiing van die vel.

Die mediese spesialisasierigting wat met die vel te doen het, word dermatologie genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search