Veneto

Veneto
Veneto se wapen Veneto se vlag
Algemene gegewens
Land: Vlag van Italië Italië
Hoofstad: Venesië
Administratiewe verdeling: 6 provinsies
Oppervlakte: 18 407,4 vk km
Bevolking: 4 905 854 (31 Desember 2018)
Bevolkingsdigtheid: 267,4 inwoners per vk km
Webtuiste: regione.veneto.it
President: Luca Zaia (Lega Nord)
Kaart
Die ligging van Veneto in Italië
'n Rare natuurtoneel - sononder oor die bevrore Venesiaanse strandmeer naby Chioggia

Veneto (amptelike Italiaanse naam: Regione del Veneto [ˈvɛːneto]; Veneties of Venesiaans: Vèneto [ˈvɛneto]) is 'n administratiewe streek in Noordoos-Italië met 'n oppervlakte van 18 407,4 km² en 'n bevolking van 4,9 miljoen. Die administratiewe setel is Venesië. Veneto is die vyfde grootste administratiewe streek in Italië volgens inwonertal, en die agste grootste volgens sy oppervlakte.[1]

Histories het Veneto (naas Friuli-Venezia Giulia) deel uitgemaak van die Terra ferma, Venesië se vastelandse besittings in Noord-Italië wat - as gevolg van die agteruitgang van die Mediterreense seehandel - as vrugbare landboustreke en alternatiewe ekonomiese basis ontwikkel is. Nie net die karakter van Venesië as sy administratiewe setel nie, maar ook dié van sy historiese besittings op die vasteland word deur water bepaal. Veneto is 'n land van strandmere, mere, riviere en kanale wat deur die magtige Po-rivier deurkruis word. Dit strek vanaf die Adriatiese Seekus tot die majestueuse rooi bergmassief van die Dolomiete.[2]

  1. European Commission: Growth – Veneto. Besoek op 18 Januarie 2019
  2. Francesco da Mosto: Francesco's Kitchen. An Intimate Guide to the Authentic Flavours of Venice. Herdrukte uitgawe. Random House 2016

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search