Vlooi

Vlooi
'n Katvlooi
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Siphonaptera
Families

Vlooie (orde Aphaniptera) is ongevleuelde insekte wat in hul volwasse staat van die bloed van warmbloedige diere leef. Die meeste spesies is aan een vaste gasheer gebonde, maar as hy sou ontbreek, sal sommige vlooie ook van 'n ander gasheerspesie gebruik maak.

Hierdeur kan vlooie 'n groot gevaar inhou en wel as oordraers van siektes. Veral rotvlooie is hierom berug. Die mensvlooi het in die Westerse wêreld feitlik verdwyn. Vlooie (orde Aphaniptera of Siphonaptera) behoort tot die insekte (klas Insecta). Daar is reeds ongeveer 1 100 spesies vlooie beskryf, maar wat hul indeling in families betref, bestaan nog geen ooreenstemming nie. Watervlooie is nie vlooie nie, maar wel een van die kreefagtiges.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search