Voedselbewaring

Yup'ik, 'n opgeligte voedselbêreplek, in Hooperbaai, Alaska, 1929. Foto deur  Edward S. Curtis
Voedselbewaringhouers van die Amerikaanse Federale Noodbestuuragentskap wat op verskepingstapelborde gepak is in Texas, 2008.

Voedselbewaring maak dit moontlik dat voedsel 'n geruime tyd (gewoonlik weke tot maande) na oestyd geëet kan word, pleks van onmiddellik daarna. Dit is sowel 'n tradisionele huishoudelike vaardigheid en, in die vorm van voedsellogistiek, 'n belangrike industriële en kommersiële aktiwiteit. Voedselbewaring, berging en die tydige aflewering aan verbruikers is belangrik vir voedselsekuriteit, veral vir die meerderheid mense in die wêreld wat op andere vertrou om hul kos te produseer. Voedsel word deur byna elke menslike gemeenskap en deur baie diere geberg. Die berging van kos het etlike hoofdoelwitte:

  • Die berging van geöeste en verwerkte plant- en diervoedselprodukte vir die verspreiding na verbruikers
  • Om 'n beter gebalanseerde dieet regdeur die jaar moontlik te maak
  • Die vermindering van kombuisvermorsing deur kos wat nie geëet is nie vir latere gebruik te preserveer
  • Die preservering van spenskos, soos speserye en droë bestanddele soos rys en meel, vir die uiteindelike gebruik en kokery
  • Gereedheid vir katastrofes, noodgevalle en tydperke van voedselskaarste en hongersnood
  • Godsdienstige redes[1]
  • Beskerming teen diere en diefstal
  1. ""Provident Living."". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2011. Besoek op 20 Maart 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search