Vrees

'n Bang kind toon vrees in 'n onseker omgewing.

Vrees is 'n gevoel wat sekere organismes as gevolg van 'n waargenome gevaar of bedreiging ervaar. Hierdie gevoel lei tot 'n verandering in metaboliese en orgaanfunksies, en uiteindelik in gedrag, met die gevolg dat hierdie organismes in gevaarsituasies sal vlug, wegkruip of versteen. Vrees kan óf rasioneel en gepas, óf irrasioneel en onvanpas wees. 'n Irrasionele vrees word 'n fobie genoem.

Alhoewel daar 'n noue verwantskap tussen vrees en angs bestaan, word daar tog 'n onderskeid getref. Angs ontstaan as gevolg van bedreigings wat as onbeheerbaar of onvermydelik beskou word.[1] Die vreesreaksie dien as oorlewingsmeganisme aangesien dit toepaslike gedragsresponse aktiveer. Daarom ook dat dit dwarsdeur evolusie behoue gebly het.[2]

  1. Öhman, A. (2000).
  2. Olsson, A.; Phelps, E. A. (2007). "Social learning of fear". Nature Neuroscience. 10 (9): 1095–1102. doi:10.1038/nn1968. PMID 17726475.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search