Waals-Brabant

Waals-Brabant

Brabant wallon
Provinsie
Uitsig op Lasne
Uitsig op Lasne
Vlag van Waals-Brabant
Vlag
Wapen van Waals-Brabant
Wapen
Ligging van die provinsie Waals-Brabant in België
Ligging van die provinsie Waals-Brabant in België
Koördinate: 50°40′N 4°35′O / 50.667°N 4.583°O / 50.667; 4.583Koördinate: 50°40′N 4°35′O / 50.667°N 4.583°O / 50.667; 4.583
LandVlag van België België
Gewes Wallonië
HoofstadWaver
Regering
 • GoewerneurGilles Mahieu (PS)
Oppervlak
 • Totaal1 097,20 km2 (423,63 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal412 934
 • Digtheid376/km2 (970/vk. myl)
 1 Januarie 2023
TydsoneUTC+01:00 (MET)
 • SomertydUTC+02:00 (MEST)
Webwerfwww.brabantwallon.be/bw

Waals-Brabant (Frans: Brabant wallon, Nederlands: Waals-Brabant, Duits: Wallonisch-Brabant, Waals: Roman Payis of Braibant walon, Pikardies: Roman Poaiyis of Brabant walon) is 'n Belgiese provinsie in Wallonië. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 413 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 1 097 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 376 per km². Die hoofstad is Waver (Wavre).

Waals-Brabant lê in die midde van België, teenoor Vlaams-Brabant. In die provinsie word naas Frans ook Waals gepraat,[3] met uitsondering van die uiterste westelike deel waar Pikardies naas Standaardfrans as omgangstaal gebruik word.

Die ooste van Waals-Brabant behoort tot die Haspengouw (Hesbaye). Die hoogste punt is 174 m en lê in die munisipaliteit Perwez.

  1. Statbel
  2. Statbel
  3. Waals word nog tot 'n mindere mate gepraat.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search