Xenophanes

Xenophanes
Xenophanes in Thomas Stanley se History of Philosophy

Gebore ca. 570 v.C.
Colophon, Ionië
Oorlede ca. 475 v.C.
Vakgebied Epistemologie, fisika, waarheid, satire
Bekend vir elegiese gedigte, jambe, waterbronne op aarde
Beïnvloed deur Ioniese skool
Invloed op Parmenides, Zenon van Elea, Christelike apologetiek, Karl Popper

Xenophanes (Oudgrieks: Ξενοφάνης ὁ Κολοφώνιος [ksenopʰánɛːs ho kolopʰɔ̌ːnios]; Colophon, 570 v.C. - ongeveer 475 v.C.) was 'n Griekse filosoof en digter. Betroubare inligting oor sy lewe is skaars. Hy vlug vroeg uit sy geboortedorp na Sisilië, vanweë die Persiese invalle wat sy land destyds teister. Van Sisilië verhuis hy na Magna Graecia, waar hy 'n filosoof word in die skool van Pythagoras. Hier beleef hy aansienlike vryhede, en redeneer teen die doktrines van Epimenides, Thales en Pythagoras. Uiteindelik vestig hy homself in Elea in Suid-Italië, waar hy in ongeveer 475 v.C. sterf.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search