Xinjiang

Xinjiang

شىنجاڭ (Oeigoers)
新疆 (Chinees)
Outonome streek
Die stadshorison van Ürümqi, Xinjiang
Die stadshorison van Ürümqi, Xinjiang
Ligging van Xinjiang in die Volksrepubliek China
Ligging van Xinjiang in die Volksrepubliek China
Koördinate: 41°0′0″N 85°0′0″O / 41.00000°N 85.00000°O / 41.00000; 85.00000Koördinate: 41°0′0″N 85°0′0″O / 41.00000°N 85.00000°O / 41.00000; 85.00000
LandVlag van Volksrepubliek China Volksrepubliek China
HoofstadÜrümqi
Grootste stadÜrümqi
Regering
 • TipeRegering van Xinjiang
 • SekretarisMa Xingrui
 • GoewerneurErkin Tuniyaz
Oppervlak
 • Totaal1 664 897 km2 (642 820 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal25 890 000
 • Digtheid15/km2 (40/vk. myl)
TydsoneUTC+08:00 (SST)
Etniese groepeOeigoere (45,84%), Han (40,48%), Kasakke (6,50%), Hui (4,51%), Ander (2,67%)
Webwerfwww.xinjiang.gov.cn

Xinjiang (Oeigoers: شىنجاڭ, Shinjang; Chinees: 新疆, Pinyin: Xīnjiāng), amptelik die Xinjiang Oeigoer Outonome Gewes, is 'n outonome gewes in die noordweste van die Volksrepubliek China. Die bevolking is in 2021 op 25 890 000 geskat. Die administratiewe gebied van die gewes strek beslaan 'n oppervlakte van 1 664 897km². Die hoofstad en grootste stad is Ürümqi.

Die woord "Xinjiang" in Chinese karakters
Verspreiding van etniese groepe in Xinjiang, Volksrepubliek China:

   Oeigoere

   Han-Chinese

   Kasakke

Verspreiding van taalfamilies in Xinjiang, Volksrepubliek China
Vlag van Oos-Turkestan en die Oeigoere, Kök Bayraq ("blou banier")

Xinjiang grens in die suidooste aan die outonome gewes Tibet, in die ooste aan die provinsies Qinghai en Gansu, in die noordooste aan Mongolië, in die noorde aan Rusland, in die noordweste aan Kasakstan en Kirgisië, in die weste aan Tadjikistan en Afghanistan asook in die suidweste aan Pakistan en Indië. Die gebergtes Karakoram, Kunlun en Tiensjan vorm die grense in die weste en suide.

Die gebied is die tuiste van die Oeigoere, 'n Turkse volk in Sentraal-Asië. Hulle is aan ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Kasakke, Kirgisiërs, Oesbeke, Turke en Turkmene verwant. Daar word derhalwe soms na die gebied as Oos-Turkestan, Oos-Turkmenistan of Oeigoeristan verwys. Die Oeigoere vorm met 46,4% die grootste etniese groep van die streek, gevolg deur Han-Chinese met 39%, Kasakke met 7% en Hui-Chinese met 4,5%.[4] Die Oeigoere ervaar die Chinese bewind as verdrukkend. Massale immigrasie van etniese Han-Chinese is egter besig om die inheemse bevolking te verdring en hulle kultuur te vernietig.[5]

  1. (zh) "6-1 自然资源划". Statistics Bureau of Xinjiang. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2015. Besoek op 19 Desember 2015.
  2. (en) Susan M. Walcott; Corey Johnson (1 November 2013). "Where Inner Asia Meets Outer China: The Xinjiang Uyghur Autonomous Region of China". Eurasian Corridors of Interconnection: From the South China to the Caspian Sea. Routledge. pp. 64–65.
  3. (en) "China". Ethnologue. Besoek op 25 Maart 2021.
  4. (en) "Xinjiang 新疆". The China Story. Australian Centre on China in the World. 2 Augustus 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2017. Besoek op 19 Junie 2016.
  5. (af) "Beijing vrees onrus onder minderhede". Die Burger. 5 Junie 1996.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search