Yale-universiteit

Yale-universiteit (Engels: Yale University) is 'n private Ivy-bond universiteit geleë in New Haven, Connecticut. Dit is in 1701 gestig in die Kolonie van Connecticut, en is vandag die derde oudste institusie vir hoër opvoeding in die Verenigde State. Yale het vele vername alumni gelewer, insluitend vyf V.S.A. presidente, sewentien V.S.A. Hooggeregshofregters benewens verskeie ander staatshoofde. Geïnkorporeer as die Kollegiaatskool, kan die institusie sy wortels naspoor na 17de-eeuse godsdiensleraars wat daarna gestrewe het om 'n kollege te stig vir die opleiding van leraars en politieke leiers vir die kolonie. In 1718 is die kollege herdoop tot Yale-kollege ter ere van 'n skenking van Elihu Yale, 'n goewerneur van die Britse Oos-Indiese Kompanjie. In 1861, het die Gegradueerdekollege van Kunste en Wetenskappe die eerste Amerikaanse skool geword om 'n Ph.D. toe te ken. Yale-kollege is getransformeer, beginnend in die 1930's, deur die vestiging van residensiële kolleges, waarvan tans 12 bestaan en nog twee beplan word. Byna alle aangestelde professore doseer voorgraadse kursusse, waarvan meer as 2,000 jaarliks aangebied word. Die bates van Yale sluit in 'n VSA$16.3 miljard toegif, die tweede grootste vir enige akademiese institusie, asook die tweede grootste akademiese biblioteek in die wêreld, met om en by 12.5 miljoen bande wat in meer as twee dosyn biblioteke gehou word. Yale en Harvard is tradisionele wedyweraars in akademie, atletiek en ander aktiwiteite vir die oorgrote deel van hulle bestaan, en ding jaarliks mee in The Game en die Harvard-Yale regatta.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search