Yayoi-tydperk

Die Yayoi-tydperk (弥生時代, Yayoi jidai), begin in die Neolitikum van Japan, en dit het deur die Bronstydperk voortgegaan, en kom tot 'n einde in Japan se Ystertydperk.[1][2][3]

Sedert die 1980s, het wetenskaplikes aangevoer dat 'n tydperk wat voorheen geklassifiseer is as 'n oorgang van die Jōmon-tydperk moet herklassifiseer word as vroeë-Yayoi.[4] Die datum van die begin van hierdie oorgang is kontroversieel, met ramings wat wissel van die 10de tot die 6de eeu vC.[3][5]

Die tydperk is vernoem na die Yayoi-distrik in Tokio, waar argeoloë vir die eerste keer artefakte en kenmerke uit daardie era ontdek het.[6] Onderskeidende kenmerke van die Yayoi-tydperk sluit in die voorkoms van nuwe Yayoi-pottebakkery style en die begin van 'n intensiewe ryslandbou in rysvelde. 'n Hiërargiese sosiale klassestruktuur dateer uit hierdie tydperk en het sy oorsprong in China. Tegnieke in metallurgie gebaseer op die gebruik van brons en yster is ook in hierdie tydperk vanaf China via Korea na Japan ingevoer.

Die Yayoi het die Jōmon-tydperk gevolg (14 000 v.C. - 1 000 v.C.) en die Yayoi-kultuur het in 'n geografiese gebied van suid Kioesjoe tot noordelik Honsjoe gefloreer. Argeologiese bewyse ondersteun die gedagte dat 'n toestroming van boere (Yayoi mense) van die Koreaanse Skiereiland na Japan gedurende hierdie tyd die inheemse jagter-versamelaar bevolking (Jomon mense) oorweldig, doodgemaak en / of saam vermeng het. Die moderne Japannese bevolking is afstammelinge van die Yayoi-mense (hoofsaaklik van die Koreaanse Skiereiland), met 'n baie klein tot matige invloed van die voormalige Jōmon-jagter-versamelaars, afhangende van die streek.[7]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Silberman2012
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named SchirokauerBrown2012
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Shinya
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Habu
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Mizoguchi
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Imamura
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named nhk-555

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search