10 results found for: “Kremlin_Propaganda”.

Request time (Page generated in 0.2903 seconds.)

Russiese wet op gay propaganda

oor administratiewe oortredings gewysig; dit maak die verspreiding van "propaganda vir nietradisionele seksuele verhoudings" onder minderjariges ’n oortreding...

Last Update: 2023-10-08T06:42:38Z Word Count : 2853

View Rich Text Page View Plain Text Page

Rooiplein

bekendste plein in die stad en een van die bekendstes ter wêreld. Dit skei die Kremlin, die eertydse keiserlike vesting en tans die amptelike woning van die president...

Last Update: 2022-11-28T21:43:53Z Word Count : 4428

View Rich Text Page View Plain Text Page

Wladimir Poetin

Jeltsin-era in toom te hou. Een van hulle was die voormalige lid van die Kremlin-binnekring Boris Berezovsky, wat Poetin gehelp het om in ’n magsposisie...

Last Update: 2024-03-31T11:57:36Z Word Count : 12934

View Rich Text Page View Plain Text Page

Jewgeni Prigozjin

omdat hy restaurante en spyseniermaatskappye besit het wat dienste aan die Kremlin verskaf het. Eens 'n veroordeelde in die Sowjetunie, het Prigozjin 'n netwerk...

Last Update: 2024-04-23T13:00:07Z Word Count : 1769

View Rich Text Page View Plain Text Page

Koue Oorlog

ontplooiing van wapens, uitgebreide hulp aan swakker lande, spioenasie, propaganda, ’n wapenwedloop, mededinging op internasionale sportgeleenthede en tegnologiese...

Last Update: 2024-05-14T11:39:47Z Word Count : 10418

View Rich Text Page View Plain Text Page

Rusland

waarnemers as niks meer as Wladimir Poetin se tydelike plekhouer in die Kremlin beskou nie. Met die volgende verkiesing het Poetin die presidentsamp hervat...

Last Update: 2023-10-08T06:40:04Z Word Count : 11918

View Rich Text Page View Plain Text Page

Wladimir Lenin

toestande. In 1893 het hy na Sint Petersburg getrek waar hy by rewolusionêre propaganda betrokke geraak het. In 1895 het hy die Bond vir die Bevryding van die...

Last Update: 2023-11-10T19:40:05Z Word Count : 3897

View Rich Text Page View Plain Text Page

Sowjetunie

Kommunistiese Partye van sy satellietstate beheer en hulle het opdragte van die Kremlin uitgevoer. Sy bondgenote van die Tweede Wêreldoorlog, Amerika en Brittanje...

Last Update: 2024-05-06T17:25:14Z Word Count : 13046

View Rich Text Page View Plain Text Page

Hongaarse Rewolusie van 1956

[1991], bl. 88–94.) Rainer, János M. (1 November 1996). "Decision in the Kremlin, 1956 – The Malin Notes". Paper presented at Rutgers University. The Institute...

Last Update: 2024-03-27T12:29:17Z Word Count : 18098

View Rich Text Page View Plain Text Page

Litaue

tot die eerste groot politieke betoging van die 1970’s ontwikkel – die Kremlin in Moskou was selfs genoodsaak om troepe te ontplooi. Desondanks het nog...

Last Update: 2024-03-04T20:00:05Z Word Count : 12010

View Rich Text Page View Plain Text Page

Main result

Russiese wet op gay propaganda

Die Russiese federale wet vir die doel om kinders te beskerm teen inligting wat ’n ontkenning van tradisionele gesinswaardes verkondig, ook algemeen bekend as die gaypropagandawet, is ’n wet wat op 11 Junie 2013 eenparig deur die Staatsdoema goedgekeur is (met net een lid, Ilja Ponomaref, wat buite stemming gebly het), en op 30 Junie 2013 deur president Wladimir Poetin onderteken is. Volgens die Russiese regering is sy doel met die wet om kinders te beskerm teen blootstelling aan homonormatiwiteit – inhoud wat homoseksualiteit voorhou as ’n norm in die gemeenskap – met die argument dat dit in teenstelling is met tradisionele gesinswaardes. Die statuut het die land se kinderbeskermingswet en die kode oor administratiewe oortredings gewysig; dit maak die verspreiding van "propaganda vir nietradisionele seksuele verhoudings" onder minderjariges ’n oortreding strafbaar met boetes. Die definisie sluit in materiaal wat "’n belangstelling wek in" sulke verhoudings; veroorsaak dat minderjariges "nietradisionele seksontvanklikheid vorm"; of "idees voorstel oor die gelyke sosiale waarde van tradisionele en nietradisionele seksuele verhoudings". Ondernemings en organisasies kan ook gedwing word om hul bedrywighede tydelik te staak as hulle kragtens die wet aangekla word. Buitelanders kan óf vir tot 15 dae aangehou en verban óf met 5 000 roebels beboet en verban word. Die Kremlin se steun aan die wet het die goedkeuring weggedra van die land se verregses, maar het later ook byval gevind by die algemene publiek. Die wet is veroordeel deur die Venesiese Kommissie van die Raad van Europa (waarvan Rusland lid is) en die Verenigde Nasies se Komitee vir Kinderregte, asook menseregtegroepe soos Amnestie Internasionaal. Dit is gekritiseer oor die breë en dubbelsinnige bewoording daarvan (insluitende die bogenoemde "’n belangstelling wek in" en "onder minderjariges"), omdat dit volgens teenstanders in effek ’n verbod is op die bevordering van die regte en kultuur van die LGBT-gemeenskap. Dit het ook die blaam gekry vir ’n toename in en regverdiging van geweld teen gays, terwyl die implikasies daarvan in die lig van die toe naderende Olimpiese Winterspele in Sotsji ook kommer gewek het omdat die Olimpiese Handves verskeie vorme van diskriminasie verbied.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search